1
Jesus het vir sy dissipels gesê: "Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.
2
So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word.
3
Wees dus self op julle hoede. "As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
4
Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: 'Ek is jammer,' moet jy hom vergewe."
5
Die apostels sê toe vir die Here: "Gee ons meer geloof."
6
Maar die Here antwoord: "As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: 'Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,' en hy sou julle gehoorsaam.
7
"Sê nou een van julle het 'n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: 'Kom eet eers gou'?
8
Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: 'Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.'
9
'n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe?
10
So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen."
11
Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan.
12
Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan
13
en roep hard: "Jesus, Here, ontferm U oor ons!"
14
Toe Hy hulle sien, sê Hy: "Gaan wys julle vir die priesters." Op pad daarheen het hulle gesond geword.
15
En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys.
16
Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan.
17
Toe sê Jesus: "Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan?
18
Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?"
19
En vir hom sê Hy: "Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered."
20
Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: "Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie.
21
Hulle sal nie kan sê: 'Kyk, hier is dit!' of: 'Daar is dit!' nie, want die koninkryk van God is hier by julle."
22
Daarna sê Hy vir die dissipels: "Daar sal dae kom wanneer julle daarna sal verlang om net een van die dae van die Seun van die mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie. Hulle sal wel vir julle sê: 'Kyk, daar is Hy!' of: 'Kyk, hier is Hy!'
23
Maar moenie gaan nie en moenie agter hulle aanloop nie!
24
Soos die weerlig wat uitslaan, die hele lugruim van die een kant na die ander verlig, so sal die Seun van die mens kom as die dag van sy koms daar is.
25
Maar eers moet Hy baie ly en deur die mense van hierdie tyd verwerp word.
26
"Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens:
27
hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.
28
In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou.
29
Maar op die dag toe Lot Sodom verlaat het, het vuur en swael uit die hemel gereën, en dit het almal uitgewis.
30
Net so sal dit ook gaan op die dag wanneer die Seun van die mens verskyn.
31
"Dan moet die man wat op die dakstoep sit, nie ingaan om sy besittings in die huis te gryp nie. Net so moet ook die man wat op die land is, nie omdraai huis toe nie.
32
Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het!
33
Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
34
Ek sê vir julle: Dan sal twee mense op een bed slaap, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.
35
Twee vroue sal koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word."
37
Toe vra hulle Hom: "Waar, Here?" Hy sê vir hulle: "Waar aas lê, daar sal aasvoëls ook bymekaarkom."
Sunday, 24 May 2009
Wednesday, 25 March 2009
Die Evangelie van Lukas, 16, gelees deur andre walters
Jesus het vir sy dissipels ook gesê: "'n Ryk man het 'n bestuurder in diens gehad, en dié is by hom aangekla omdat hy sy geld verkwis het.
2
Hy ontbied hom toe en sê vir hom: 'Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer bestuurder wees nie.'
3
Die bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen, want my werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans nie; en om te bedel, skaam ek my.
4
Maar wag, nou weet ek wat ek sal doen sodat daar mense sal wees wat my in hulle huise sal ontvang as ek uit die bestuurderskap ontslaan is.
5
Toe roep hy die skuldenaars van sy werkgewer een vir een en vra vir die eerste: 'Hoeveel skuld jy my werkgewer?'
6
Hy antwoord: 'Honderd vate olyfolie.' Toe sê hy vir hom: 'Vat jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.'
7
Daarna vra hy vir 'n ander een: 'En jy, hoeveel skuld jy?' Hy antwoord: 'Honderd sak koring.' En hy sê vir hom: 'Vat jou skuldbewys en skryf tagtig.'
8
"Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig.
9
"En Ek sê vir julle: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang.
10
"Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.
11
As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?
12
As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?
13
"Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
14
Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag.
15
Hy sê toe vir hulle: "Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
16
"Tot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom.
17
Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.
18
"Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en iemand wat met 'n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk."
19
"Daar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het.
20
(16:20-16:21) En daar was 'n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek.
22
"Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe.
23
Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep:
24
'Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.'
25
Maar Abraham sê: 'My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig.
26
En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.'
27
Toe sê hy: 'Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe.
28
Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.'
29
Maar Abraham sê: 'Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.'
30
Hy antwoord egter: 'Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer.'
31
Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan."

Saturday, 7 March 2009
Die Evangelie van Lukas, 15, gelees deur andre walters
Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister.
2
Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: "Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle."
3
Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis:
4
"Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry.
5
En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers.
6
As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: 'Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.'
7
Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie."
8
"Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
9
En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: 'Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.'
10
Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer."
11
Verder het Jesus gesê: "Daar was 'n man wat twee seuns gehad het.
12
Die jongste het vir sy pa gesê: 'Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.' Hy het toe die goed tussen hulle verdeel.
13
"Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.
14
Nadat hy alles deurgebring het, het daar 'n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly.
15
Hy het toe sommer by een van die mense van daardie land gaan bly, en dié het hom na sy plaas toe gestuur om varke op te pas.
16
Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie.
17
"Toe kom hy tot inkeer en sê: 'My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger.
18
Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig!
19
Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.'
20
En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. "Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.
21
Toe sê die seun vir hom: 'Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.'
22
Maar sy pa roep sy werksmense: 'Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom 'n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan!
23
En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier!
24
Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.' Toe het hulle begin feesvier.
25
"Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery.
26
Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is.
27
Die bediende antwoord: 'U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom behoue en gesond teruggekry het.'
28
"Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom;
29
maar hy antwoord: 'Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie.
30
Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!'
31
"Toe sê die pa vir hom: Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.
32
Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry."

Saturday, 28 February 2009
Die Evangelie van Lukas, 14, gelees deur andre walters
Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.
2
Reg voor Hom was daar 'n man wat aan water gely het.
3
Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: "Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?"
4
Maar hulle het stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat hom gaan.
5
Daarna sê Hy vir hulle: "Sê nou 'n seun of 'n bees van een van julle val in 'n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op 'n sabbatdag?"
6
Hulle kon daar niks op antwoord nie.
7
Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis:
8
"As iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy.
9
Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: 'Gee bietjie die plek af vir hierdie man.' Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem.
10
Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: 'Vriend, kom sit hier voor.' Dan sal jy in die agting van al die gaste styg.
11
Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word."
12
Hy het ook vir die gasheer gesê: "As jy in die middag of in die aand 'n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie.
13
Nee, as jy 'n feesmaal gee, nooi dan die armes, kreupeles, verlamdes en blindes.
14
Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het."
15
Een van dié wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: "Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem."
16
Toe sê Jesus vir hom: "Daar was 'n man wat 'n groot maaltyd gegee het en baie mense uitgenooi het.
17
Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: 'Kom, die maaltyd staan klaar.'
18
Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: 'Ek het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.'
19
'n Ander een sê: 'Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u verskoon my asseblief.'
20
Nog 'n ander een sê: 'Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.'
2 1
"Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: 'Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.'
22
Later kom die slaaf sê: 'Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.'
23
Toe sê die man vir die slaaf: 'Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.
24
Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.' "
25
'n Groot menigte het saam met Jesus gereis Hy draai toe om en sê vir hulle:
26
"As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
27
Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.
28
"Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?
29
Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.
30
Hulle sal sê: 'Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.'
31
"Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?
32
Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is.
33
"So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie."
34
"Sout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word?
35
Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!"

Tuesday, 17 February 2009
Die Evangelie van Lukas, 13, gelees deur andre walters
Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag.
2
Toe antwoord Jesus hulle: "Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het?
3
Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!
4
Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem?
5
Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom."
6
Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: "'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie,
7
sê hy vir die tuinier: 'Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?'
8
Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.
9
Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap."
10
Eenkeer op 'n sabbatdag was Jesus in een van die sinagoges besig om die mense te leer.
11
Daar was ook 'n vrou wat al agtien jaar lank gely het onder 'n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon glad nie meer regop kom nie.
12
Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê vir haar: "Mevrou, jy is van jou gebrek verlos!"
13
Toe het Hy haar die hande opgelê, en sy het onmiddellik regop gestaan en God begin prys.
14
Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: "Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie."
15
Toe sê die Here vir hom: "Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbat sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie?
16
En hier is 'n vrou, 'n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?"
17
Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het.
18
Jesus het gesê: "Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk?
19
Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak."
20
Verder het Hy gesê: "Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk?
21
Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was."
22
Terwyl Jesus op pad was Jerusalem toe, het Hy deur stede en dorpe gegaan en oral die mense geleer.
23
Toe vra iemand Hom: "Here, is dié wat gered word, maar min?"
24
Hy sê vir hulle: "Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie.
25
"As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: 'Here, maak vir ons oop!' Maar Hy sal julle antwoord: 'Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.'
26
Dan sal julle sê: 'Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.'
27
Maar Hy sal weer vir julle sê: 'Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!'
28
"Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word.
29
"Daar sal mense uit die ooste en die weste kom, uit die noorde en die suide, en aansit by die feesmaal in die koninkryk van God.
30
Onthou net: Daar is laastes wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees."
31
Op daardie selfde oomblik het 'n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: "U moet padgee en na 'n ander plek toe gaan, want Herodes wil u doodmaak."
32
Maar Hy sê vir hulle: "Gaan sê vir daardie jakkals: 'Kyk, vandag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.'
33
In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat 'n profeet op 'n ander plek as Jerusalem omkom.
34
"Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie!
35
Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar Ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Thursday, 29 January 2009
Die Evangelie van Lukas, 12, gelees deur andre walters
Die mense het intussen by die duisende saamgedrom en mekaar vertrap. Toe het Jesus begin praat en Hom in die eerste plek tot sy dissipels gerig: "Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is hulle huigelary.
2 Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.
3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word."
4 "Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie.
5 Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.
6 "Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.
7 Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies."
8 "Ek sê vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God.
9 Maar hy wat My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word.
10 "Elkeen wat teen die Seun van die mens iets sê, kan vergewe word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, kan nie vergewe word nie.
11 "Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie,
12 want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word."
13 Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: "Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel."
14 Maar Hy antwoord hom: "Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?"
15 Toe sê Hy vir hulle: "Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie."
16 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: "'n Ryk man se grond het goed gedra.
17 Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie.
18 Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar.
19 Dan sal ek vir myself sê: 'Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.'
20 Maar God het vir hom gesê: 'Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?'
21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie."
22 Verder het Jesus vir sy dissipels gesê: "Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie.
23 Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.
24 Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.
25 Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng?
26 As julle nie eens so 'n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge?
27 "Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.
28 As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!
29 Julle moet julle ook nie gedurig afvra wat julle gaan eet of drink nie, en julle moenie besorg wees nie.
30 Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is, maar julle het 'n Vader wat weet dat julle dit nodig het.
31 Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee.
32 "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.
33 "Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg raak nie, 'n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie.
34 Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees."
35 "Wees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand!
36 Julle moet wees soos mense wat vir hulle eienaar wag tot hy van die bruilof af terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
37 Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. Dit verseker Ek julle: Hy sal hulle aan tafel laat sit, self 'n voorskoot aansit en hulle kom bedien.
38 Gelukkig is die slawe wat hy wakker aantref, selfs al sou hy eers om middernag of met hanekraai kom.
39 Maar dit moet julle weet: as die huiseienaar geweet het hoe laat die dief kom, sou hy hom nie in sy huis laat inbreek het nie.
40 Ook julle moet gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n tyd wanneer julle Hom nie verwag nie."
41 Toe vra Petrus: "Here, is hierdie gelykenis net vir ons bedoel of vir almal?"
42 En die Here antwoord: "Wie is eintlik die getroue en verstandige bestuurder vir wie die eienaar oor sy ander slawe sal aanstel om hulle op tyd hulle kos te gee?
43 Dit is die man vir wie sy eienaar, by sy tuiskoms, so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!
44 Ek sê vir julle die waarheid: Sy eienaar sal hom aanstel oor alles wat hy besit.
45 "Maar as die slaaf by homself sê: 'My eienaar draai lank om te kom,' en hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word,
46 sal die eienaar van die slaaf kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak, en hom die lot van ontroues laat deel.
47 "Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal 'n swaar straf kry.
48 Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal 'n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word."
49 "Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is!
50 "Maar daar is 'n doop waarmee Ek gedoop moet word, en dit sal My heeltemal in beslag neem tot dit afgehandel is!
51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid,
52 want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.
53 Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder."
54 Jesus het ook vir die skare gesê: "As julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: 'Dit gaan reën!' en dit gebeur ook.
55 En as die suidewind waai, sê julle: 'Dit gaan warm word!' en dit word warm.
56 Huigelaars! Julle weet hoe om die voorkoms van die aarde en die lug te beoordeel. Hoe is dit dan dat julle nie weet hoe om hierdie tyd te beoordeel nie?"
57 "Waarom maak julle nie vir julleself uit wat die regte ding is om te doen nie?
58 "Terwyl jy saam met jou teenstander op pad is hof toe, moet jy moeite doen om die saak met hom te skik, sodat hy jou nie voor die regter sleep en die regter jou aan die polisie oorgee en die polisie jou in die tronk sit nie.
59 Ek verseker jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie."

Sunday, 25 January 2009
Die Evangelie van Lukas, 11, gelees deur andre walters
Luk 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
Luk 11:2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Luk 11:3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
Luk 11:4 en vergewe ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Luk 11:5 En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,
Luk 11:6 want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie—
Luk 11:7 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie.
Luk 11:8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.
Luk 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Luk 11:10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Luk 11:11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee;
Luk 11:12 of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?
Luk 11:13 As julle dan, wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Luk 11:14 En Hy het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
Luk 11:15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.
Luk 11:16 En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer.
Luk 11:17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val.
Luk 11:18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
Luk 11:19 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
Luk 11:20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
Luk 11:21 Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
Luk 11:22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
Luk 11:23 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
Luk 11:24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
Luk 11:25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
Luk 11:26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
Luk 11:27 En terwyl Hy dit spreek, het ‘n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
Luk 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
Luk 11:29 En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
Luk 11:30 Want soos Jona ‘n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
Luk 11:31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
Luk 11:32 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
Luk 11:33 En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
Luk 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
Luk 11:35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
Luk 11:36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
Luk 11:37 En onderwyl Hy besig was om te spreek, het ‘n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.
Luk 11:38 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.
Luk 11:39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
Luk 11:40 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?
Luk 11:41 Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
Luk 11:42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle ook te doen sonder om die ander na te laat.
Luk 11:43 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.
Luk 11:44 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.
Luk 11:45 Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.
Luk 11:46 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
Luk 11:47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
Luk 11:48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.
Luk 11:49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,
Luk 11:50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
Luk 11:51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
Luk 11:52 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.
Luk 11:53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,
Luk 11:54 om vir Hom ‘n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
Subscribe to:
Posts (Atom)